Thursday, May 27, 2010

Klub rugby in Australia!









Hier in Australia is sport by skole maar skaars. Daar is sekere skole wat sport aanbied, maar nie op n mededingende vlak. My dogter is in n laerskool en hul het volgende week net een dag wat hul teen ander skole, netbal en basketbal speel. Daar word glad nie geoefen nie. As jy wil speel moet jy $5 betaal en op die dag deel hul jou in spanne en jy speel. Dis basies meer vir die pret as enige iets anders.

Wel my seun is nou 14 en in gr8. Hy is al van SA af rugby mal. Soos baie Suid Afrikaners maar is. As jy in Australia enige sport op mededingende vlak wil speel moet jy aan n klub behoort. Ek persoonlik sal meer daarvan hou as hy iets soos tennis wil speel, maar rugby is sy ding. Ons het hom toe so ruk terug by Endevour Hills rugby klub ingeskryf. Fooie is $100 vir die seisoen (Maart tot Sept) en dit sluit n fooi van $20 in vir mediese versekering.

Wel nou is dit elke Maandag en Woensdag aande van 6-8 rugby oefening en Saterdae oggende wedstryde. Hy speel B span en is baie gelukkig. Ek is bly hy is nie in die A span, want die ouens is so groot. Amper almal in die A span is eilanders van Samoa of Nz. Nou hulle is groot! My dogter begin nou kla sy wil netbal speel. Dis Dinsdae aande oefening en Saterdae wedstryd. Ek is nog nie lus daarvoor, maar sal maar seker een of ander tyd moet ingee.

Deur aan n klub te behoort is n baie maklike manier vir kinders om aan te pas en goeie vriende te maak.








0 comments:

Post a Comment