Ons is net bietjie langer as n jaar nou in Melbourne, Australia. Ons het die ouers belowe ons sal hul na n jaar in Oz laat oorkom vir n kuier. Die visas en dinge is gereel en vliegkaartjies gekoop en uiteindelik het die groot dag aangebreek....19 Oktober 2009! Hul het Perth om gevlieg en was maar baie moeg toe hul geland het. Hul is maar vol pyne en die voete het baie geswel, maar als was vir hul n baie leka ondervinding. Nooit het hul gedink dat hul ooit in Australia sal kom vakansie hou.
Die eerste week is nou al verby en hul begin nou eers die hele vakansie inneem. Weet hoe erg dit vir ons was die eerste week. Als lyk en voel vreemd. Jy ken niks in die winkels en selfs die geboue lyk snaaks. Nog meer as tien weke oor en ons het baie goed al beplan vir die volgende paar weke. Phillip Island, Great Ocean road en natuurlik die see.....
Baie leka om weer die ouers te sien na so lang tyd!
0 comments:
Post a Comment